Skip to product information
1 of 1

KleuterKreatief

Montessori Tema: Lugvervoer – Afrikaans PDF

Montessori Tema: Lugvervoer – Afrikaans PDF

Regular price R 80.00 ZAR
Regular price R 100.00 ZAR Sale price R 80.00 ZAR
Sale Sold out
Taxes included. Shipping calculated at checkout.

Maak leer oor lugvervoer prakties, speels en betekenisvol met hierdie volledige Montessori-geïnspireerde tema vir kleuters.

Hierdie pakket help kinders om verskillende lugvoertuie te ontdek, woordeskat uit te brei en belangrike vaardighede te oefen deur hands-on aktiwiteite, prentkaarte, trays, inkleurbladsye, ’n liedjie, storie en Bybel-integrasie.

Perfek vir kleuterskole, tuisskool, dagsorg en mamma’s wat gestruktureerde Afrikaanse leeraktiwiteite wil aanbied.

Wat is ingesluit?

✅ 1 Week lesbeplanning
✅ Lugvervoer muurkaarte
✅ Montessori trays en stasie-aktiwiteite
✅ Taal-, wiskunde-, sorteer- en fynmotoriese aktiwiteite
✅ Inkleurprente
✅ Liedjie: Die Vliegtuig Vlieg so Hoog
✅ Storie: Lienke Gaan Vlieg
✅ Bybel-integrasie met Jesaja 40:31
✅ Alles in PDF-formaat

Kinders leer oor lugvoertuie soos vliegtuig, helikopter, lugballon, sweeftuig, vuurpyl, vlieënier en lughawe. Die lesbeplanning fokus ook op taalontwikkeling, fynmotoriese vaardighede, vroeë wiskunde, sorteer, knyp, ryg, praktiese lewe en veilige reisgewoontes.

Die Bybel-integrasie sluit Jesaja 40:31 in, met ’n kleutervriendelike weergawe: “God gee my krag soos ’n arend wat hoog vlieg.”

Ouderdom

Geskik vir kleuters van 2–5 jaar.

Formaat

Digitale PDF-aflaai. Geen fisiese produk word gestuur nie.

View full details